Hier in die kruisigingstoneel is Jesus (Andrew de Jager) aan die kruis. Voor kniel Sy volgelinge, Johannes die Doper (Johan Slabber) en Maria Magdalena (Kara Coetzee). Foto: Eugene Maritz
Hier in die kruisigingstoneel is Jesus (Andrew de Jager) aan die kruis. Voor kniel Sy volgelinge, Johannes die Doper (Johan Slabber) en Maria Magdalena (Kara Coetzee). Foto: Eugene Maritz

Die gemeente van die NG kerk Durbanville het verlede week as deel van die kerk se 200ste bestaansvieringe vanjaar ‘n Passiespele in die tuin van die kerk aangebied.

Die Passiespele gee die verhaal van die kruis lewe – nie net as ’n geskiedenis nie, maar as ’n uitnodiging om weer te voel, te glo en te onthou, lui ‘n inskrywing op die Durbanville-gemeente se Facebook-blad by https://www.facebook.com/durbanvillegemeente.

“Dit was ’n heilige reis deur die lyding, liefde en oorwinning van Christus,” lui die inskrywing.

Altesame 70 gemeentelede van die kerk het aan die Passiespele, onder regie van Jan Burger en Edith Fehrson, deelgeneem.

Die dekor en rekwisiete is ook onder leiding van Fehrson en haar man, Fred, gemaak.

Die oorspronklike teks is deur dr. Ernst van der Walt geskryf en die musiek is deur sy eggenote, Freda van der Walt, saamgestel. Foto’s: Eugene Maritz

Jesus (Andrew de Jager) praat met Sy dissipels.
Jesus (Andrew de Jager) praat met Sy dissipels.
Jesus (Andrew de Jager) vertel vir Sy dissipels dat Hy uit die dood gaan opstaan.
Jesus (Andrew de Jager), heel regs, is deur Pontius Pilatus na Herodes Antipas (dr .Tinus van Zyl) gestuur vir verhoor. Hier bespot Herodes en sy volgelinge Jesus omdat Hy swyg en nie wonderwerke wil doen nie.
Jesus (Andrew de Jager) word deur die Joodse Raad, bestaande uit hoëpriesters, Fariseërs, skrifgeleerdes en ouderlinge, verhoor en aan godslastering skuldig bevind en ter dood veroordeel. Description Jesus (Andrew de Jager) word deur die Joodse Raad, bestaande uit hoëpriesters, Fariseërs, skrifgeleerdes en ouderlinge, verhoor en aan godslastering skuldig bevind en ter dood veroordeel.
Jesus (Andrew de Jager) word deur die Joodse Raad, bestaande uit hoëpriesters, Fariseërs, skrifgeleerdes en ouderlinge, verhoor en aan godslastering skuldig bevind en ter dood veroordeel.
Jesus (Andrew de Jager) dra die kruis na Golgota onder begeleiding van een van die Romeinse soldate, Daniel Slabber (regs).
Jesus (Andrew de Jager) dra die kruis na Golgota onder begeleiding van een van die Romeinse soldate, Daniel Slabber (regs).
Jesus (Andrew de Jager) saam met sy vroulike volgelinge, onder meer Maria Magdalena (Kara Coetzee) aan sy regterkant.
Jesus (Andrew de Jager) saam met sy vroulike volgelinge, onder meer Maria Magdalena (Kara Coetzee) aan sy regterkant.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article