Silke Aucamp van die Laerskool Durbanville was eerste in die 800 m en derde in die 200 m vir meisies o.13, wat haar die titel as beste baanatleet van die dag besorg het.
Silke Aucamp van die Laerskool Durbanville was eerste in die 800 m en derde in die 200 m vir meisies o.13, wat haar die titel as beste baanatleet van die dag besorg het.

Atlete van laerskole in Durbanville het die afgelope Saterdag hul slag by die Wes-Kaapse Laerskole-atletiekkampioenskap gewys en talle is gekies om op Saterdag 21 Maart aan die Nasionale Laerskole-atletiekkampioenskap in die DHL-stadion in Kaapstad deel te neem.

Van net twee laerskole, die laerskole Durbanville en Gene Louw, het ‘n allemintige 36 atlete vanjaar aan die Wes-Kaapse Laerskole-atletiekkampioenskap in die Coetzenburg-stadion in Stellenbosch deelgeneem en hul Wes-Kaap-kleure verwerf.

‘n Rekordgetal atlete van beide skole het gekwalifiseer om aan die Nasionale Laerskole-atletiekkampioenskap deel te neem. Onder die Durbanville-atlete het twee vir twee items gekwalifiseer, Silke Aucamp en Martus Schoeman.

Rekordgetal

Die Durbies het gespog met 19 atlete wat aan altesame 29 items by die Wes-Kaap-atletiekkampioenskap deelgeneem het. ‘n Rekordgetal van tien van hierdie atlete was onder die top-drie in hul onderskeie items en het vir die Nasionale Laerskole-Atletiekkampioenskap gekwalifiseer.

Die Laerskool Durbanville spog met 19 WP-atlete wat die afgelope Saterdag op Coetzenburg aan 29 items by die Wes-Kaapse atletiekkampioenskap deelgeneem het. Die atlete is (voor van links) Greyling van den Heever, Renier van Deventer, Guy Joyce, Lienka de Jager, Martus Schoeman, Christoff Groenewald-Mostert, Karla Brown, Annabelle Swart en Leah Louw. Agter: JJ Bester, Tiaan Janse van Rensburg, Silke Aucamp, Anika Brand, Josua Muller, Kari van den Heever, Dian Botha, Diné van de Wal, Zoë van Zyl en Hanja Heesakkers.

Die 10 atlete is: Greyling van den Heever (3de in seuns o.10 70 m hekkies); Martus Schoeman (2de in seuns o.13 80 m hekkies, 3de in 200 m hekkies); Christoff Groenewald-Mostert (1ste in seuns o.12 diskusgooi); JJ Bester (3de in seuns o.12 diskusgooi); Tiaan Janse van Rensburg (1ste in seuns o.13 hoogspring); Silke Aucamp (1ste in meisies o.13 800 m; 3de in 200m; beste baanatleet van die dag); Anika Brand (3de in meisies o.12 diskusgooi); Hanja Heesakkers (1ste in meisies o.12 spiesgooi); Josua Muller (2de in seuns o.13 spiesgooi) en Kari van den Heever (3de in meisies o.12 150 m hekkies).

Ander goeie prestasies was deur die meisiesatlete Lienka de Jager (o.13 1 200 m), Leah Louw (o.10 hoogspring) en Zoë van Zyl (o.11 hekkies), wat almal ‘n vierde plek in hul onderskeie items behaal het.

Kwalifiseer vir nasionale kampioenskap

Altesame 17 atlete van die Laerskool Gene Louw het hierdie afgelope Saterdag aan die Wes-Kaap Laerskole-atletiekkampioenskap deelgeneem, waarvan ‘n rekordgetal van agt atlete gekwalifiseer het om aan die Nasionale Laerskole-atletiekkampioenskap deel te neem.

Die atlete van die Laerskool Gene Louw, wat hul kleure behaal het, is (voor van links) Ruben le Roux, Marco Hougaard, Keanu Kriel, Ockie Muller en Jonathan Woodward. Middel: Rafael Josling, Ewan Gouws, Saskia Mastenbroek, Alex Morta, Milea Jacobs en Anke van der Merwe. Agter: Jessica Delport, Milan Fourie, Carla Barnard, Joshua McKay, Leo-Connor Krige en Christiaan Stander saam met Golie Gouws, skoolhoof . Foto: Inge van Niekerk

Hulle is (uitslae in hakies) Ewan Gouws (1ste in seuns o.10 70 gewigstoot); Milea Jacobs (1ste in meisies o.11 hoogspring, 2de in 70 m hekkies, 3de in verspring); Jonathan Woodward (3de in seuns o.11 70 m hekkies); Ruben le Roux (1ste in seuns o.11 70 m hekkies, 2de in hoogspring); Saskia Mastenbroek (2de in meisies o.12 150 m hekkies); Rafael Josling (3de in seuns o.13 diskusgooi); Carla Barnard (1ste in meisies o.13 hoogspring, met ’n rekord); en Leo-Connor Krige (2de in seuns o.13 diskusgooi).

Ander atlete wat mooi presteer het, was Anke van der Merwe (meisies o.11 verspring) en Christiaan Stander (seuns o.13 80 m en 200 m hekkies), wat vierde in hul items geëindig het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article