Seuns 520kg- A-span wat ‘n silwermedalje en WP-kleureverwerf het. Van links: Luthando Tutwana (Westcliff), Liam Meiring (Bellville), Fanie Olivier (afrigter), Christian Lerm (Bellville), Dian Truter (Bellville), Iwan de Jager (Bellville), Dimitri Rodakis (privaat) en Craig Hofmeyer (reserwe;Westcliff). Voor staan Van Zyl Swart (DF Akademie) en op die voorgrond lê Liam Coetser (Westcliff).

Die Westcliff-toutrekklub, wat bestaan uit leerders van verskillende Wes-Kaapse skole, het uitstekende prestasies by die WP/Wynland Junior-toutrekkampioenskap behaal.

Die jaarlikse kampioenskap het op Saterdag 28 Februarie by die Hoër Tegniese Skool Drostdy in Worcester plaasgevind, waar die klub se seuns- en meisiespanne in beide die kaalvoet- en stewelafdeling meegeding het.

Strawwe kompetisie tussen 207 spanne

Altesaam 207 spanne van verskillende skole het aan die gesogte kampioenskap deelgeneem, wat vir strawwe maar opwindende kompetisie gesorg het.

Dit was ‘n warm, maar baie winderige dag waartydens afrigters op en af geloop en planne gemaak het.

Onder die gazebo’s het ‘n doodse stilte soms geheers terwyl leerders kringetjies gemaak, stewels aangetrek en gesiggies met sonroom gesmeer het.

Die leerders het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en met trots, deursettingsvermoë en ware spanwerk teen baie sterk teenstanders meegeding.

Hul harde werk en toewyding tydens oefeninge het duidelik vrugte afgewerp.

Nasionale kampioenskap

Drie weke van harde voorbereiding lê nou voor die spanne vir deelname aan die SA Junior-toutrekkampioenskap, wat op 20 en 21 Maart by die Hoërskool Robertson sal plaasvind.

Die volgende uitslae in die stewelkategorie is behaal:

Meisies:

  • 440kg: eindig 4de algeheel en 2de in die WP, wat hulle WP-kleure besorg.

Seuns:

  • 520kg: A-span eindig 2de algeheel en verower ‘n silwermedalje en WP-kleure.
  • 560kg: A-span eindig 4de algeheel en 1ste in die WP, wat hulle WP-kleure besorg.
  • 600kg: B-span eindig 4de algeheel en 1ste in die WP, wat hulle WP-kleure besorg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article