Foto van Luna Paige
Wen kaartjies na Luna Paige se vertoning, Woensdag 25 Februarie on 20:30 by Die Boer in Durbanville

Luna Paige, sangeres en liedjieskrywer, se jongste enkelsnit, “Die Oral” is onlangs op verskeie musiekplatforms vrygestel.

Paige sê “Die Oral” is ‘n roerende lofsang vir menslike konneksie en dien as ‘n voorsmakie vir haar nuwe album, Die Reisigers.

Die inspirasie vir “Die Oral” het vorm aangeneem op ‘n stoep in Porto, Portugal, tydens haar reise in 2024, vertel Paige.

Foto van Luna Paige
Luna Paige se nuwe enkelsnit, “Die Oral” is ‘n voorsmakie van haar nuwe album, ‘Die Reisigers’.

Terwyl sy die universele taal van die liefde vanaf ‘n afstand dopgehou het — families wat op die kaai skater tot tieners wat op ‘n hawemure flankeer, is sy diep geraak deur die inherente menslike behoefte aan veiligheid en gebondenheid.

“Om ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land te wees, herinner jou net weer aan hoe eenders ons almal is en hoe afhanklik ons van mekaar is,” sê Paige.

“Ons verloor so maklik dit wat ons as mense bind uit die oog. Ek het die frase ‘everywhere people loving people everywhere’ neergepen, en met my terugkeer na Suid-Afrika het ‘Die Oral’ lewe gekry.”

Op toer

Paige het weer met André Scheepers, vervaardiger en musikant, kragte saamgesnoer om die snit op die lug te kry.

Die duo het die oorspronklike vertoningsweergawe verfyn deur met vokale melodieë en instrumentele deuntjies te eksperimenteer.

Die snit spog met die kenmerkende kitaarwerk van Henry Steel.

Die bekendstelling van “Die Oral” lui die begin van ‘n omvattende nasionale toer in vir Paige.

Optredes in die Wes-Kaap:

Donderdag 19 Februarie |Die Koelkamers | Paternoster | Koop kaartjies HIER 

Sondag 22 Februarie | Drostdy Teater | Stellenbosch | Koop kaartjies HIER

Woensdag 25 Februarie | Die Boer | Durbanville | Koop kaartjies HIER

1-3 April | Die Windpomp | KKNK | Oudtshoorn | Koop kaartjies HIER

Besoek www.lunapaige.com  vir al die toerdatums en besprekings.

Luister na “Die Oral” op al die gewilde stromingsplatforms:

Bandcamp , Apple Music. Spotify, SoundCloud, iTunes, Deezer

WEN! WEN! WEN!

Skryf in vir ‘n kans om twee kaartjies na Luna Paige se vertoning op Woensdag 25 Februarie on 20:30 by Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville te wen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article