Die Hoërskool Tygerberg in Parow-Noord het vandeesweek teen die Hoërskool Brackenfell tydens vanjaar se interskole-atletiekbyeenkoms koning gekraai.
Die kompetisie het Maandag (26 Januarie) plaasgevind.
“Die Tiere en die Brakkies het mekaar op die baan en veld uitgedaag en gewys uit watter hout hulle gesny is. Dit was strawwe mededinging uit die boonste rakke,” lui ‘n inskrywing op hul sosialemediablad.

Die skool het die Hoërskool Brackenfell se leerders, atlete, afrigters en personeel vir hul aandeel in die suksesvolle dag bedank.
” ‘n Spesiale pluimpie gaan ook aan elke Tier wat met onblusbare geesdrif langs die krytlyn saamgesels het – julle het die ware Tiere-gees laat seëvier.
“As dit die wegspring van ons seisoen is, kan ons nie wag om te sien watter hoogtes ons atlete by die DTBS vanjaar gaan bereik nie,” sluit die inskrywing af.
Die DTBS (voorheen MTBS), vind vanjaar op Saterdag 7 Februarie by die Groenpunt-atletiekstadion in Kaapstad plaas.
Die deelnemende hoërskole is DF Akademie, Tygerberg, Bellville en Stellenberg.







You must be logged in to post a comment.