Jeug in Kaapstad neem leiding in stryd teen graffiti-vandalisme

Bendeverwante graffiti is verwyder.
Bendeverwante graffiti is verwyder.

Jeugdiges het vandeesweek met die Stad Kaapstad in `n toonaagnewende projek in een van Kaapstad se misdaadvrotkolle saamgespan om bendeverwante graffiti in een van die voorstad se talle woonbuurte te verwyder.

Die groep, tesame met wetstoepassingsbeamptes sowel as die wykraadslid Rhynhardt Bresler en vrywilligers van `n plaaslike kerk het die strate van Windsorpark met skoonmaakmiddels en verfpotte ingevaaar.

Die projek het in Oktober begin.
Die projek het in Oktober begin

Die inisiatief, onder leiding van Bresler, is daarop gemik om nie net onooglike graffiti te verwyder nie, maar ook om die jeug oor die invloed van onwettige graffitti op te voed en oor hul rol in die bekamping daarvan te bemagtig.

“Hierdie projek gaan oor meer as net verf en mure – dit gaan daaroor om trots in ons gemeenskap te vestig en ons jong mense `n gevoel van eienaarskap te gee,” sê Bresler.

Die projek het in Oktober begin toe die jongmense deur die buurt gestap het om die graffiti op te spoor, foto’s daarvan te neem en die bevindinge in `n album saam te stel. Daarna het die groep die onderskeie skoonmaakdae begin reël.

“Die langtermynplan sluit `n gemeenskapsmoniteringstelsel en `n vinnige reaksiespan in om nuwe graffiti te verwyder sodra dit verskyn. Die jeug sal aangemoedig word om nuwe graffiti aan te meld sodra hulle dit sien,” het Bresler verduidelik. “Dit sal help om ‘n volhoubare stelsel te skep om ons strate skoon te hou.”

Kommer groei

Die 23-jarige Davido Portella het by die projek aangesluit om “deel van die oplossing te wees.”

“Ek wil help om ons gemeenskap ‘n beter plek vir almal te maak en jy moet êrens begin,” het hy aan TygerBurger gesê. “Graffiti – veral bendeverwant – het ‘n baie negatiewe invloed op die woonbuurt.”

Volgens Bresler het herhaalde terugvoer van inwoners van Windsor Park `n groeiende kommer oor graffiti op openbare infrastruktuur – veral stoptekens, kragbokse en openbare mure – aan die lig gebring.

Die Stad Kaapsatad het handjie bygesit.
Die Stad Kaapstad het handjjie by gesit

Volgens Louise Strydom van die Kraaifontein-polisie is graffiti `n vorm van uitdrukking, maar wanneer dit negatief gebruik word – veral deur bendes – skep dit vrees en beskadig dit die gemeenskap se beeld.

“Hoewel graffiti as `n kunsvorm en `n medium vir sosiale kommentaar begin het, het die gebruik daarvan deur bendes in die laat 1980’s aanleiding gegee tot etikettering—graffiti wat gebruik word om grondgebied op te eis of gemeenskappe te intimideer. Anders as graffiti-kunswerke, wat artistieke of kulturele waarde kan hê, word etikettering dikwels as sinnelose vandalisme beskou,” verduidelik sy. “Dit is ook `n strafregtelike oortreding wat die vernietiging van openbare eiendom behels.”

Ons wil die gemeenskap deur middel van die projek aanspoor om verantwoordelikheid vir hul omgewing te aanvaar.

Die Shincheonji-vrywilliger Anke Cyster het die groep gemotiveer om eienaarskap van hul omgewing te neem. “Die wêreld wat ons wil hê, is die wêreld wat ons bou. Verandering begin by ons, die jongmense van vandag.”

Bresler sê die sukses van die projek is verblywend. “Ons het gesien dat die gemeenskap ook nou self begin het om die graffiti skoon te maak nadat hulle in die TygerBurger daarvan gelees het. Ons wil die gemeenskap deur middel van die projek aanspoor om verantwoordelikheid vir hul omgewing te aanvaar,” sê hy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article