Die Radio Tygerberg 104FM span wat almal genomineer is vir die Telkom Radio-toekenningskompetisie. Agter van links is Neville D (Beste Ontbytprogram op 'n gemeenskapstasie), Reinhard Kotze vir sy program Nuwe Hoogtes en Francois Boyce en Charl Havenga (albei ook deel van die ontbytprogram) Voor is Rouchelle Liedemann (Beste Laatmiddag Aanbieder op 'n gemeenskapstasie), Liomee Vosloo (Beste Potgooi) en Benescke Janse van Rensburg (ook deel van die ontbytprogram).
Die Radio Tygerberg 104FM span wat almal genomineer is vir die Telkom Radio-toekenningskompetisie.

Die afgelope week het sommer op ‘n hoogtepunt vir die span by Radio Tygerberg 104FM begin nadat daar verneem is dat hulle ‘n volle vyf nominasies in vanjaar se Telkom Radio-toekenningskompetisie ontvang het.

“Die toekennings erken en vier jaarliks uitnemendheid in die radio-uitsaaibedryf. Dit vereer omroepers sowel as die professionele mense agter die skerms, soos byvoorbeeld vervaardigers en klankingenieurs,” het Rikus van Rooy, stasiebestuurder, gesê.

Die toekennings word beoordeel deur ‘n paneel wat gekies word vir hul kundigheid en ook verskeie tale magtig is. Radiostasies het dan die geleentheid om hul werk wat oor ‘n sekere tydperk uitgesaai is, in te skryf.

Die Radio Tygerberg 104FM span wat almal genomineer is vir die Telkom Radio-toekenningskompetisie. Agter van links is Neville D (Beste Ontbytprogram op 'n gemeenskapstasie), Reinhard Kotze vir sy program Nuwe Hoogtes en Francois Boyce en Charl Havenga (albei ook deel van die ontbytprogram) Voor is Rouchelle Liedemann (Beste Laatmiddag Aanbieder op 'n gemeenskapstasie), Liomee Vosloo (Beste Potgooi) en Benescke Janse van Rensburg (ook deel van die ontbytprogram).
Agter van links is Neville D (Beste Ontbytprogram op ‘n gemeenskapstasie), Reinhard Kotze vir sy program Nuwe Hoogtes en Francois Boyce en Charl Havenga (albei ook deel van die ontbytprogram) Voor is Rouchelle Liedemann (Beste Laatmiddag Aanbieder op ‘n gemeenskapstasie), Liomee Vosloo (Beste Potgooi) en Benescke Janse van Rensburg (ook deel van die ontbytprogram).

Die Radio Tygerberg-span het nominasies vir hul werk in die volgende kategorieë ontvang:

  • Laatmiddagaanbieder by ‘n gemeenskapstasie: Rouchelle Liedemann;
  • Beste potgooi: Rou en Real deur Liomee Vosloo;
  • Beste ontbytprogram op ‘n gemeenskapstasie: Die Real Brêkfis wat bestaan uit Benescke Janse van Rensburg, Neville D en Francois Boyce;
  • Promosie-aktiwiteit: Million Meals, verskaf van voedsame ontbytpap aan kwesbare kinders wat nie voldoende kos tuis kry nie, en
  • Aandprogram op ‘n gemeenskapstasie: Nuwe Hoogtes aangebied deur Reinard Kotze.

“Dit bly vir ons ‘n voorreg om in die radiobedryf te werk en wanneer ons werk dan deur so ‘n belangrike platform vir uitmuntendheid genomineer word, motiveer dit ons om kreatiewe grense te verskuif. Dit bevestig ook radio se blywende rol as ‘n kragtige en relevante medium in Suid-Afrika,” het Van Rooy afgesluit.

Die wenners in elke afdeling word op Saterdag 6 Desember by ‘n gala-geleentheid in Sandton, Johannesburg in Gauteng aangekondig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article