Nataniël
Nataniël se nuwe vertoning, Catch Me, Love, is van Donderdag 13 tot Sondag 16 November in die Kunstekaap-teater op die planke. Credit: Clinton Lubbe

Nataniël se nuwe vertoning, Catch Me, Love, is vandeesweek in die Kunstekaap-teater op die planke.

Skreeusnaaks, hartseer, eerlik en beeldskoon, hierdie vertoning is ‘n nuwe bestemming vir Nataniël. Hy deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (tromme). Floris Louw het die kostuums ontwerp.

Nataniël
Nataniël se nuwe vertoning, Catch Me, Love, is van Donderdag 13 tot Sondag 16 November in die Kunstekaap-teater op die planke. Credit: Nicolaas Swart

“Ná 25 jaar op die verhoog bly ek verbysterd hoe Nataniël telkens met nuwe musiek en stories wat net nóg snaakser is as die voriges te voorskyn kom.

“Sy keuses in musiek is hierdie keer baie spesifiek vir die trio gekies en ek is bly om te sien daar is uiteenlopende style van funk, blues, swing en pop,” sê Charl du Plessis.

“Die trio dra selfs ‘n paar interessante kostuums en ons leer choreografie wat die gehoor baie sal geniet.”

Die lirieke is in Engels, maar die stories is meestal in Afrikaans.

Geen kinders onder 14.

Die vertonings is Donderdag 13 tot Sondag 16 November om 19:00 met bykomende middagvertonings Saterdag en Sondag om 15:00.

Bespreek by Webtickets.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article