Brackies se toekomstige skoolleiers het verlede naweek 'n leierskamp by Mizpa naby Grabouw bygewoon. Op die foto verskyn 'n groepie van die aspirant-leiers, (agter van links) Liam Donaldson, Alex van der Westhuizen, Cade Ruiters, Christiaan Fourie en Luke Rodriques. Voor is Lize Louw, Makanaka Hatendi en Peyton Absolom.
Brackies se toekomstige skoolleiers het verlede naweek ‘n leierskamp by Mizpa naby Grabouw bygewoon. Op die foto verskyn ‘n groepie van die aspirant-leiers, (agter van links) Liam Donaldson, Alex van der Westhuizen, Cade Ruiters, Christiaan Fourie en Luke Rodriques. Voor is Lize Louw, Makanaka Hatendi en Peyton Absolom.

Die Laerskool Brackenfell het die skool se aspirant-leiers vir 2026 die afgelope naweek by Mizpah naby Grabouw onder oë gehad vir die finalisering van die skool se leerderraad vir volgende jaar.

Die aspirant gr. 6-kandidate is blootgestel aan verskillende leierskapprojekte wat hul vaardighede getoets het.

Aktiwiteite soos luister, opdragte uitvoer, uithouvermoë, geduld, spanwerk en probleemoplossing is deur opvoeders op die proef gestel.

Die leerders is vergesel deur hul opvoeders, Santie Groenewald, Colette Nortje, Sulindi du Plessis, Wayne van der Venter, Rijan Nel en Stean van der Merwe. Die skoolhoof, Faffa Coetzee, het die groep Saterdag besoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article