Toe kry ons dit ‘n ruk gelede op nasionale radio sommer so reg uit die perd se bek. Sonder om te blik of te bloos. Die pot goud is net hier waar ons Kapenaars woon, reg onder die punt van die reënboog.

Kaapstad is mos die stad in die land waarheen elke Jan Rap en sy maat sonder werk en inkomste kan stroom om daar te gaan plak, te vermeerder en gratis dienste van die stadsraad kry. Hier is mos baie ryk mense wat belas kan word om hiervoor voorsiening te maak deur ekstra fooie te betaal.

Sonder om te blik of te bloos word daar ook aangekondig dat daar selfs van die ander provinsies is wat baat sal vind hierby. Bid jou aan! Dit is dus nie ‘n klein ou potjie goud waarvan ons hier praat nie; dit moet ‘n baie groot pot goud wees wat net meer en meer mense na die Kaap lok – werklose mense wat niks tot die ekonomie bydra nie.

Ons word nou selfs belas om skoonmaakaksies te befonds. Net asof die inwoners in die woonbuurt waar ons woon die strate en parke bemors. Neem kennis dat ons self die rommel optel wat mense, wat verbyloop, in ons tuine gooi. Die vraag is: hoe gaan mense wat hul eie omgewing so bemors dat ‘n mens nie eens daar verby wil ry nie, ooit leer om hul omgewing skoon te hou indien ander voortdurend vir die opruiming moet betaal?

Al gehoor van die groep kinders wat met lekkergoed beloon is nadat hulle ‘n skoonmaak- en opruimingsaksie uitgevoer het? Ja, u raai korrek. Die lekkergoedpapiertjies is oombliklik weer op dieselfde terrein laat val!

Baie van ons het deur ons loopbane ekstra geldjies gebruik om ons woninigs te verbeter en om die waarde daarvan op te stoot.

Kondig datums vir skoonmaakdae af waarop mense self hul eie bemorste omgewings skoon moet maak. Verskaf slegs die vragmotors waarmee die vulles weggery kan word. Dit werk in ander Afrikalande noord van ons waar daar ‘n wil is om tussen die semels uit te kom. In dié dele waar dit hier nie werk nie, was julle hande in onskuld en laat hulle voortploeter.

Belastingvoos, E-pos

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article