In die De Grendel TygerBurger van verlede week was ‘n lekkerlees storie met drie vriendelike gesigte daarby (“Legende Cece Winans word vereer“, 17 September).
Cece en haar broer, Bebe Winans, is natuurlik groot legendes in die wêreld van geestelike musiek. Toe hy verlede jaar hier was, het ek die konsert bygewoon.
Toe ek en my vroutjie lees dat Cece Kaap toe kom, het ons dadelik kaartjies gekoop en ons was geseënd om te sien hoe die Legende-trofee aan haar oorhandig word. Sy moes die liefde gevoel het want die hele GrandWest Arena was op hul voete vir haar hele optrede. Ek wil eintlik bysê dat sy nie ‘n show gee nie, maar dat dit ‘n geestelike bediening was.
Elke lied het die hele GrandWest geroer.
Ek wil namens my en die hele gehoor die Legendesmuseum bedank deur Suster Cece so mooi te vereer. Julle stuur die boodskap van goeie nuus en liefde saam met haar na Amerika.
Die Here seën.
Mnr. Mynhardt en Dr. Kotze, E-pos





