Send your community events to jo.fourie@novusmedia.co.za
THURSDAY 11 SEPTEMBER
- U3A Tygerberg will host a talk at the Dutch Reformed Church, Cnr Mountain View Drive and Edelweiss road, Eversdal. The topic this month is Sanbar deer and the ecology of fynbos, fire and forest on Table Mountain. Doors open at 09:00 for tea and coffee and the talk begins at 10:00. The cost is R10 for members and R20 for visitors. Visitors are most welcome. Contact Sarah on 021 976 8310 for more information.
WOENSDAG 17 SEPTEMBER
- Die byeenkoms van die Tygerberg Tuin- en Blommeklub by die NG kerk Parow Welgelegen (La Provencestraat 47, Welgelegen) begin om 09:30 vir 10:00. Die sprekers is Tracey Cole (Village Garden) oor “Edible Herb Gardens and Designs”, Diana de Vos en Francoise Schaaf oor blomhouers met die tema “Iets uit niets”. Die blommekunskompetisie se tema is “Beeld ‘n emosie uit”. Tee word vanaf 09:30 voorsien. Kontak Beatrix Lambert-Bestbier by 082 873 9864 vir meer inligting.
SATURDAY 20 SEPTEMBER
- The annual #IAMABLE Fun Run hosted by Alta du Toit School and Job-Abled NPC is back. The event raises funds and awareness for people living with disabilities, supporting their access to education and employment. Participants can choose between 2,5km and 5km routes, either in person or virtually. Tickets cost R100 and include a race number, goodie bag, and entry into lucky draws with prizes like getaways and gift vouchers. Race entries for learners can also be sponsored at R100 each. Race tickets are available via Entry Ninja. Contact Simone Nel via email on gm@jobabled.co.za with sponsorship or any other enquiries.
WOENSDAG 24 SEPTEMBER
- ‘n Begeleide toer word op Erfenisdag deur die Durbanville-Erfenisvereniging by die Afrikaanse Taalmonument aangebied. Dit begin om 11:00. Vriende en en familie is welkom. Stuur ‘n e-pos na durbanvilleheritage@gmail.com met navrae. Bevestig bywoning teen Maandag 15 September by https://forms.gle/w7zaasiFjksY1JP76.
- Die NG kerk Panorama hou ‘n braaidag en pretloop. Die pretloop is perfek vir vinnige drawwers en gemaklike stappers. Boereworsrolle, koffie en ´n lekker kuier wag daarna op besoekers. Belangstellendes word aangemoedig om hul familie, vriende en selfs hul troeteldiere saam te bring. Kaartjies is by die kerkwinkel beskikbaar. Besoek http://shop.parow-panorama.co.za of skakel 021 930 3100. Stuur ‘n e-pos na kantoor@parow-panorama.co.za met navrae.
SUNDAY 28 SEPTEMBER
- The Cape Welsh Choir presents Why we sing – together, a concert collaboration with CwmBach Male Choir, a Welsh male voice choir touring South Africa for the first time since 1997. Their tour starts in Cape Town and the concert will be presented in the Nassau Auditorium of Groote Schuur High School, 77 Palmyra Road, Newlands. Tickets are available from Quicket at R150 each.
SATERDAG 4 OKTOBER
- Bellville Senior Sentrum/Chrismar Villas hou van 09:00 tot 11:00 hul jaarlikse tradisionele basaar by Jessiestraat 25, Chrismar, Bellville. Al die tradisionele lekkernye soos pannekoek, basaarpoeding, jaffels, vetkoek, hamburgers, boereworsrolle, pampoenkoekies en roosterkoeke sal daar wees, asook die heerlikste tuisgebakte lekkernye. Winskopies en verrassings wag by die plaas-, witolifant- en handwerktafel en vir die boekwurms is daar ‘n boeketafel. Geniet ‘n versnapering in die kafeteria. Chrismar Villas se eie orkes sal die hele oggend musiek maak. Koskaartjies kan op die dag gekoop word of vooraf in kantoorure van Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 tot 12:00 by 021 910 1250. Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.
- Arms of Mercy – Charm a Child, bied´n fondsinsamelingsgeleentheid getiteld “Hope Wears a Crown” aan in samewerking met die Tygerberg Lionsklub. Die geleentheid duur van 09:30 tot 13:00 en word gehou by die Parow-gholfklub. Kaartjies kos R200 en sluit ‘n ligte middagete in. Kaartjies is beskikbaar by Quicket. Stuur ‘n WhatsApp na 076 463 0821 met navrae.
SATERDAG 4 OKTOBER
- Magnolia, die ACVV-dienstak in Bellville, bied ‘n heerlike basaar vanaf 09:00 tot 12:30 aan. Besoekers sal op die dag kan kies en keur tussen tradisionele lekkernye soos die alombekende pannekoek en basaarpoeding. Moet ook nie vergeet van gebakte brood, mosbolle, vetkoek en heerlike skaapkerrie en rys nie. Worsbroodjies en hamburgers sal in die braaituin te koop wees. Musiek gaan deur DL Leon gemaak word. Magnolia is in Baxterstraat, Sanlamhof. Bel 021 948 6085 vir meer besonderhede.




