In reaksie op die brief “Spoedkameras in Brackenfell-boulevard” (TygerBurger 13 Augustus), ek ry daardie roete daagliks — soggens vanaf Hellingstraat na Proteaweg en smiddae vanaf Bottelary (verby die einste spoedkamera) na Helling — en het al lankal gewonder hoekom daar nie enige vorm van verkeerskalmering by by enige van die kruisings is nie. Veral op die Brackenfell-boulevard kruising met Hellingstraat, aangesien daar ‘n skool in die straat geleë is.
Soggens is dit ‘n nagmerrie om regs uit Helling te draai.Die nuwe spoedkamera sal darem help om motoriste binne die spoedperk te hou en hopelik help dit om bietjie makliker in Brackenfell-boulevard in te draai.
Esther, Durbanville





