Gister ry ek uit Sonkring op pad na Haasendal en soos almal in Sonkring ondervind, is dit ‘n nagmerrie om Brackenfell-boulevard te kruis.
Hier was al vele ongelukke en selfs op die hoek van Groenewoud- en Cecil Morgan-strate is dit ‘n nagmerrie om uit Sonkring te kom.
Vele versoeke is al gerig om verkeersligte daar op te rig; verkeersbeamptes het al die motors kom tel of wat hulle ook al daar kom doen het en steeds val die versoeke op dowe ore.
En wragtig! Gister toe ek na ‘n gesukkel die pad kruis, sien ek dat daar 200 meter verder spoedkameras opgesit word.
Nou vra ek, is die kruising van die twee uitgange nie belangriker as spoedkameras nie?
Ek hoop iemand kan dit asseblief vir my mooi verduidelik.
Amanda, Brackenfell




