Die gemeenskap van Bishop Lavis gaan Saterdag (9 Augustus) – ‘n jaar en twee dae ná die sinnelose moord op die vyfjarige Xavier Mitchell – ‘n optog hou om hernude aandag op die saak te vestig.
Xavier is op 7 Augustus verlede jaar drie keer met ‘n mes gesteek terwyl hy in die sorg van ‘n oppasser was.
Mervyn White is weens die moord op die kleuter in hegtenis geen en is in verlede jaar vir waarneming gestuur omdat hy glo “psigotiese gedrag” openbaar het en “verwyder” was van die werklikheid.
Die Bishop Lavis Crime Prevention Forum (BLCPF) het in ‘n verklaring gesê hulle kan nie ander kant toe kyk terwyl die verdagte nog nie een dag in die hof deurgegbring het nie. “Die verdagte het ná ‘n hele jaar nog nie een keer in ‘n ope hof vertel wat hy aan Xavier gedoen het en hoekom hy dit gedoen het nie. Dit is hoekom hierdie herdenkingsoptog gehou gaan word. Die familie en die gemeenskap eis antwoorde,” se Graham Lindhorts van die BLCPF.
Die optog begin omstreeks 13:00 by Sky-weg 34 (sy geboorteplek) en strek tot by die Belhar-begraafplaas, waar hy begrawe is.





