Eben Jacobs, hoofseun van die Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier, het op Saterdag 19 Julie ’n silwermedalje in die o.20-hamergooi vir mans by die CAA o.18- en o.20-Afrika-atletiekkampioenskappe in Abeokuta, Nigerië, verwerf.

Eben se afstand van 67,75 m was net 10 cm minder as die wenner van Egipte se beste gooi. “Dit wys net hoe taai die kompetisie was,” sê Leon Spies, Eben se afrigter by die DK Hamergooi-akademie.
Die kompetisie was Eben se eerste internasionale deelname. “Hy het besonder goed aangepas by alles – die druk van só ’n kompetisie, maar ook die klimaat in Nigerië en die logistieke probleme wat die SA-span ervaar het.
“Hierdie sukses het hom beslis net meer motivering gegee om vir die o.20-Wêreldkampioenskap volgende jaar in Eugene, Oregon, in die VSA te kwalifiseer,” sê Spies.








You must be logged in to post a comment.