Milnerton police track down ex-officer wanted since 2002.
Milnerton police track down ex-officer wanted since 2002.

Die Wes-Kaapse polisie het pas bevestig dat ‘n man Maandagmiddag (14 Julie) by die Bellville-taxistaanplek vermoor is.


Die polisie in Bellville het op ‘n klagte gereageer en met hul aankoms by die taxistaanplek om 12:00 het hulle op die lyk van ‘n man met veelvuldige steekwonde afgekom, het AO Joseph Swartbooi, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.


Swartbooi het aan TygerBurger gesê die omstandighede rakende die voorval word nog ondersoek.
Die slagoffer is deur mediese werkers op die toneel dood verklaar. Hy sê die motief vir die aanval is deel van die ondersoek en dat die Bellville-polisie ‘n moordsaak ondersoek.


Die onbekende verdagte of verdagtes het van die toneel af gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie, het Swartbooi gesê.


Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die polisie se StopMisdaad-nommer by 08600 10111 te skakel of alternatiewelik die polisie se mobiele toepassing MySAPS te gebruik en dit anoniem aanmeld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article