July 19, 2025 @ 17:30
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) bied Spoeireën en Kantelson aan op Saterdag 19 Julie om 17:30 by Die Laer in Simonsbergstraat, Stellenbosch.
Met die viering van die 100ste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike landstaal vanjaar word nie net die taalpioniers onthou nie, maar ook die talle digters wat treffend en kleurvol met Afrikaans kon skilder.
Twee van hierdie merkwaardige digters was Ingrid Jonker en Diederik Johannes Opperman, wie se literêre nalatenskap in woord, vers en klank gevier gaan word. Gaste kan uitsien na gedenklesings deur proff. Wium en Dorothea van Zyl, voorlesings deur Carel Trichardt en Petru Wessels, en sang deur Grethe van der Merwe. Moenie dié luisterryke geleentheid misloop nie.
Die koste van R120 per persoon sluit verversings in. Bespreek teen Vrydag 11 Julie om jou plek te verseker.
. Besoek die FAK se webblad om te bespreek.

