Dit brand steeds op Du Totiskloofpas. Foto: Henry Robbertse/ KWDM

PAARL – Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM), in samewerking met CapeNature, het goeie vordering gemaak met die bestryding van ’n veldbrand in die Du Toitskloofpas, ondanks uitdagende terrein en sterk windtoestande.

Die brand het gister omstreeks 15:00 op privaat grond ontstaan en woed tans hoog in die berge van die pas, in ’n gebied wat deur CapeNature bestuur word.

Volgens ‘n verklaring deur die KWDM bemoeilik sterk winde vanaf die Paarl die bluswerk, aangesien dit die vuurlyn die rotsagtige pieke in dryf.

LEES: Bergbrand én vragmotorbotsing op Du Toitskloofpas

Bergbrand én vragmotorbotsing op Du Toitskloofpas

Dit maak toegang vir grondspanne moeilik en vertraag direkte ingryping.

Vars grondspanne van beide die KWDM en CapeNature sal vanoggend ontplooi word om met aktiewe brandbestryding voort te gaan sodra die vuurlyn meer toeganklik raak.

ii
Die Du Toitskloofpas was gister gesluit weens ‘n vragmotor ongeluk. Foto: Verskaf

Alle paaie in die gebied is tans oop vir verkeer nadat die Du Toitskloofpas gister gesluit was verkeer weens ‘n vragmotorongeluk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article