Vakpryse
Vakpryswenners

Laerskool Eversdal hou prysuitdeling vir graad 7-leerders


Die Laerskool Eversdal het onlangs ‘n erkenningsaand vir die graad 7-leerders gehou. Verskeie leerders het spesiale pryse ontvang.

Wikus Meiring is beskryf as ‘n ware elke-dag-Ever. “Ten spyte van die uitdagings wat hy al moes oorkom, kom hy elke dag skool toe met ’n positiewe gesindheid en die vasberadenheid om sy beste te lewer. Hy is vriendelik, behulpsaam en gee om, met ’n besondere aanvoeling vir die mense rondom hom,” lui die skool se motivering.

  • Wikus Meiring
  • Liana Burger
  • Joné Burger
  • Klara van Zyl en Emily Campbell
  • Vakpryse
  • Joné Burger en Jano Coetzee

Liana Burger het die Skoolhoof-toekenning ontvang omdat sy ook die waardes van die skool uitleef. “Dit wys in haar optrede teenoor klasmaats, spanmaats, onderwysers en ander volwassenes. Sy neem graag inisiatief en help sonder huiwering wanneer sy sien dat iemand ’n probleem of uitdaging ervaar.”

Akademie en sport

Vakpryse is oorhandig aan die leerders wat die beste in elke vak presteer het. Dit sluit Joné Burger (Afrikaans-huistaal en tegnologie), Erin Robertson (English Home Language, Afrikaans- Eerste Addisionele Taal) ), Mila Ebersohn (English First Additional Language), Mila van Kampen (wiskunde), Ewan Kriel (natuurwetenskappe), Leah Cillié (sosiale wetenskappe), Emily Campbell (ekonomiese en bestuurswetenskappe), Emma du Plessis (kreatiewe kunste en lewensoriëntering) en Kayla Cillié (lewensoriëntering), in.

Klara van Zyl en Emily Campbell het pryse as kultuurleerders van die jaar gekry.

Joné Burger is as die sportmeisie van die jaar en Jano Coetzee as die sportseun van die jaar aangewys.

LEES OOK: Everraad en Hoofleiers vir 2027 gereed om te lei

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article