Beslag
Bestanddele
- 750 ml (3 k) strooisuiker
- 250 g botter, fyngekap
- 500 ml (2 k) water
- 80 ml (1/3 k) kakaopoeier, gesif
- 5 ml (1 t) koeksoda, gesif
- 750 ml (3 k) bruismeel
- 4 eiers, liggies geklits
Metode
- Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer pan met botter en voer met bakpapier uit.
- Kook suiker, botter, water, kakao en koeksoda saam in pot oor matige tot lae hitte tot suiker oplos en botter smelt. Bring tot kookpunt. Verminder hitte tot laag en laat liggies vir 5 minute prut. Giet mengsel in bak en laat by kamertemperatuur afkoel.
- Voeg meel en eiers by sjokolade-mengsel. Klits met elektriese klitser tot glad en mengsel ‘n dowwer kleur raak. Gooi mengsel in voorbereide pan.
- Bak koek vir 50 minute of steek ‘n sosatiestokkie in middel. As dit skoon uitkom, is dit gaar. Laat 5 minute op draadrak afkoel.
Sjokoladebotterroom
Bestanddele
- 125 g botter
- 375 ml (1½ k) versiersuiker
- 80 ml (1/3 k) kakaopoeier
- 30 ml (2 e) melk
Metode
- Klits botter met elektriese klitser tot so dof as moontlik. Klits geleidelik helfte van gesifte versiersuiker en kakao in, dan melk en daarna orige versiersuiker en kakao.
- Smeer botterroom oor afgekoelde koek. Versier met sjokoladeskaafsels as jy wil.
rr wenk: As dit lyk of die koek te vinnig aan die kante van die pan gaar raak, verlaag die oond se temperatuur na 160 °C. Dit sal die baktyd met 15 minute vermeerder.
