Kasjmier van goeie gehalte vorm met tyd bolletjies/wolletjies, maar jy kan ’n toestel gebruik wat hierdie probleem sal verminder. Jou kledingstuk sal mettertyd versag en ’n luukse voorkoms behou.
Was dit so
• Was die item in koue water met Woolite of babasjampoe.
• Laat op ’n plat oppervlak in die skaduwee droogword
• Hierdie metode gee vorm terug aan die kledingstuk terwyl dit steeds klam is.
Moet liefs nie jou item vryf nie en ook nie rek of draai om water te verwyder nie. Vermy fabric softener asook ’n tuimeldroeër.
Verwydering van vlekke
• Was onmiddellik wanneer ’n vlek op die item beland.
• Neem jou kledingstuk na ’n droogskoonmaker as jy nie seker is hoe om die vlek te verwyder nie.
• Moenie oor die probleemarea vryf/skuur nie. Dit sal die merk vererger en veroorsaak dat ’n gaatjie vorm.
Berging
• Motte word aangetrek na natuurlike stowwe, veral as dit vuil is of vlekke bevat. Was dus die item goed voor jy dit bêre.
• Vou die item om ’n stuk weefselpapier (tissue paper) om kreukels te voorkom.
• Vou plat en netjies en berg in ’n houer wat lug sal deurlaat.
• Moet onder geen omstandighede die items ophang nie.
Lees ook: Sorg vir jou denims | rooi rose

