- ‘n Sensitiewe vel wat maklik op wasmiddels, sekere velprodukte of geurmiddels reageer, sal waarskynlik ook as gevolg van die wrywing tydens oefening begin jeuk. Die kombinasie van wasmiddels op jou klere, wrywing en sweet vererger dan die gejeuk.
- Hardloop verhoog jou hartklop en bloedvloei namate jou hart meer bloed en suurstof na jou spiere lewer. Dit veroorsaak dat jou are vergroot en stimuleer jou senuweeselle, wat tot ‘n jeukerige sensasie kan lei.
- Volgens navorsing kan oefening die vrystelling van histamien bevorder om moegheid te voorkom. Histamien veroorsaak dat jou bloedvate vergroot, wat tot die jeuk bydra.
- As jy onfiks is en weer begin oefening of hardloop, en jy nie meer ernstige kwessies soos vaskulitis of urtikaria het nie, is die beste ding om maar net vas te byt en aan te hou. Soos jy fikser raak, sal die gejeuk ook minder raak.
Lees ook: Kom weer aan die draf | rooi rose
