Bestanddele
- 2 eiers, geskei
- 60 ml (¼ k) strooisuiker
- 90 g donkersjokolade, gesmelt en liggies afgekoel
- 1 ml (¼ t) kremetart
- 750 ml (3 k) vanieljeroomys, plus 1 k ekstra
- 4 x 45 g-klapperstafies wat met sjokolade bedek is, grofgekap
- 250 g karamel
Versiersel
- 500 ml (2 k) strooisuiker
- 150 ml (¾ k) water
- 4 eierwitte
Metode
- Voorverhit oond tot 180 ℃. Smeer en voer 23 cm-koekpan uit.
- Klop eiergeel met helfte van suiker vir 5 minute tot vaal en dik. Vou in koue sjokolade in.
- Klits eierwitte in skoon bak met elektriese menger vir 30 sekondes. Voeg kremetart by en klop liggies tot ligte pieke vorm. Terwyl menger aan is, voeg geleidelik orige suiker by en klop tot dit dik en glanserig is. Vou skuimpie in twee sarsies in sjokolademengsel.
- Gooi in voorbereide pan en bak vir 15 minute of tot middel gestol het. Laat op draadrak afkoel.
- Plaas saggemaakte roomys in bak en vou deur gekapte sjokoladestafies. Skep roomysmengsel in 21 cm-bundt-koekpan. Plaas sjokoladekoek bo-op om roomys en bundt-pangaatjie te bedek. Bedek met plastiek en vries vir 3 uur of tot ferm.
- Meng ekstra roomys en karamel.
- Doop bundt-pan in warm water vir 10 sekondes en keer op verkoelde bord uit. Vul bundt-gaatjie met karamelroomys. Bedek met kleefplastiek en vries vir 2 uur tot ferm.
Versiersel
- Roer suiker en water saam in pot oor matige hitte tot suiker oplos. Bring tot kookpunt en kook sonder om te roer tot stroop 115 ℃ bereik. Klop intussen eierwitte in skoon bak tot sagte pieke vorm. Terwyl klitser aanbly, gooi versigtig in lang, dun stroom warm stroop in eierwitte.
- Klits vir 10 minute of tot mengsel dik is, afgekoel het en ferm pieke het. Verwyder kleefplastiek van koek. Smeer versiersel oor koek en gebruik brander om bokant liggies bruin te maak. Sit dadelik voor.

Botterkaramel-sneeubalbom
Lees ook: Kaaskoeknagereg met grondboontjiebotter | rooi rose
