Dear Leandri Wahl, skoonheidsredakteur, rooi rose
As jy jou gesig volledig grimeer, is dit goed om ‘n oliereiniger as jou eerste stap te gebruik. Dit help om olie in die grimering op te los sodat dit moeiteloos afgespoel kan word. Jy kan dit ook sagkens met ‘n skoon, nat waslap verwyder.
As jy aknee of ‘n oliërige veltipe het, probeer miselwater. Sit dit op watte en vee dit oor jou vel. Hou dit vir ‘n paar sekondes teen jou oë sodat die miselwater die oogskadu en maskara kan versag voordat jy dit afvee.
Volg dit in albei gevalle met ‘n skuim– of jelreiniger op om die laaste oorblyfsels van jou grimering te verwyder sonder dat jy te veel hoef te skrop.
Vermy growwe sponsies en vuil waslappe om grimering af te was. Jy gaan waarskynlik nie al die grimering afkry nie, en net jou vel in die proses beskadig.
Lees ook: Grimeerwenke om jou oë groter te laat lyk | rooi rose
