Die algemeenste simptome van hartprobleme in honde is:
- Moegheid of gebrek aan energie — honde met hartsiektes word vinniger moeg as hulle gaan stap en hulle slaap ook meer as gewoonlik.
- ‘n Hoes wat nie in ‘n paar dae opklaar nie.
- Moeilike asemhaling — hulle haal vinniger asem en met meer inspanning.
- Verhoogde, rustende asemhalingstempo.
- Geswelde buik of bene.
- Sinkopee (syncope) — gewoonlik ná oefening.
- Blou vel, tong en slymvliese as gevolg van te min suurstof wat by die organe uitkom.
- Swak aptyt en gewigsverlies.
Dis belangrik om te weet dat simptome van hartsiektes nie duidelik is in die vroeë stadiums van die siekte nie, asook dat baie van die simptome dieselfde is as ander siektes wat honde kan kry, soos artritis, longsiektes en epilepsie. As jy twyfel of oor van die simptome wonder, raadpleeg jou veearts.
— Dr Johannie du Plessis, Lyttelton-dierehospitaal: 012 664 5763, www.lytteltonanimalhospital.com
