Deur Amy Jane Clark, Redken pro-stilis (rooi rose, November 2024)
Warm water
Warm water kan kroeserigheid vererger omdat dit die hare van natuurlike olies stroop. Dit maak die hare meer vatbaar vir droogheid en skade. Koel water sal jou hare gladder en meer hanteerbaar los.
Professionele produkte
Gebruik ‘n professionele, voedsame sjampoe en opknapper wat spesifiek ontwerp is om kroeserigheid te bestry. Hierdie produkte bevogtig die hare terwyl dit die kutikel glad maak, wat die kanse verminder om deur die dag kroeserigheid te ontwikkel.
Maskerbehandelings
‘n Voedende masker een keer per week kan jou hare se vogvlakke en algemene gesondheid verbeter.
Hare droogmaak
Gebruik ‘n mikroveselhanddoek. Dit veroorsaak minder wrywing.

Amy Jane Clark, Redken pro-stilis. Foto: rooi rose
Lees ook: Kopkrapvrae | rooi rose
