Die plaaslike onderwyser, motiveringspreker en skrywer Zuléka Smit het onlangs ’n motiveringspraatjie vir die personeel van Ebenezer Primêr gehou. Sy het gepraat oor hoe om jou lewe op ’n positiewe wyse te beïnvloed en die belangrikheid om deur jou geestesoog te kyk in plaas van die oog van die vlees. Smit is ’n onderwyser by Paarl Primêre Seunskool. Sy is ook die skrywer van die boek Ben gaan skool toe, die verhaal van ’n seuntjie wat nie daarvan hou om skool toe te gaan nie. Die boek is ook verder op Christelike waardes en temas gegrond.Foto: Chantélle Hartebeest
Zuléka motiveer ander onderwysers
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.