Die Drakenstein-munisipaliteit het Saterdag 30 April Wêreld-Fair Trade-dag by die Paarl Arboretum gevier.
Terwyl die dag daarop gemik is om die positiewe impak wat billike handel op ekonomieë het te bevorder, was dit ook ’n geleentheid vir plaaslike ondernemings om hulself te bemark en met eendersdenkende organisasies te netwerk.
Die Fair Trade-dag was ook gefokus op die verspreiding van inligting oor billike handel, en op die bevordering van die kultuur van volhoubaarheid en ’n begrip van die waarde van die aankoop van billike, plaaslike en volhoubaar-vervaardigde goedere.
Dit is ook een jaar sedert die bekendstelling van Drakenstein as ’n Fair Trade-stad.





