In Mei 1987 het ’n moddervloed met hewige reënbuie deur huise aan die bokant van Durr- en Septimusstraat in die Paarl gestroom. Die sterk vermoede is dat dit die gevolg was van bome wat voor die voet in daardie omgewing teen die helling van Paarlberg afgesaag is en waarvan die stompe verwyder is.

Die kaalgestroopte gedeelte teen die berg is vandag steeds sigbaar. Die Drakenstein-munisipaliteit het destyds, volgens ’n berig in die Paarl Post van 27 Mei 1987, ’n ondersoek gelas. Ons kon ongelukkig nie ’n verslag oor die verwante bevinding opspoor nie.

Met die swaar reën die afgelope winter het, vir die eerste keer in meer as twintig jaar, water vanuit die Paarlberg in die omgewing van Berg- en Klein Reservoirstraat huise in die omgewing bedreig.

Die dam (reservoir) aan die bokant van Klein Reservoirstraat het vanjaar vir die eerste keer ’n vloed modderwater gekry en oor die wal gestroom.

Die water het nou vir die eerste keer ’n bruin modderkleur van water wat uit die berg gestroom het.

Wat het dit te doen met die moddervloed van 1987?

’n Permit is aan ’n entrepreneur toegeken om indringer- bome in die gebied te verwyder. Dit op sigself is nie ’n probleem nie, maar wel die gebrek aan professionele toesig en leiding van hoe bome verwyder moet word.

Die dongas wat gelos word met die sleep van die bome berg-af en die erosie wat volg, kan ’n volgende moddervloed veroorsaak.

’n Professionele bosboukundige behoort hier leiding te gee om ’n verdere ramp te voorkom.


J.B.,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article