Die Windmeul-kelder het Eduard Malan (regs) van die ECPA-boerdery op die plaas Middelpos in die Wellington-omgewing as Produsent van die Jaar vir 2022 aangewys. Hierdie jaarlikse prys word toegeken op grond van die plaas se kultivarsamestelling, die gehalte van druiwe, betrokkenheid en gesindheid teenoor die kelder. “Ons familie boer al van 1901 op Middelpos. Ek is die vierde geslag. Ons hoofboerderyvertakking is wyndruiwe. Windmeul-kelder is al van 1984 af ’n produsent. Ons het daagliks 35 arbeiders in diens. Weens al die uitdagings in die wynbedryf is dit ’n spanpoging van die chemiese verteenwoordiger, plaaspersoneel en kelderpersoneel by Windmeul om ’n sukses te maak.” Die Blok van die Jaar-prys vir 2022 behoort aan Jorrie du Plessis van die plaas Steilpad. Hierdie jaarlikse prys bied erkenning aan die goeie wingerdboupraktyke wat gevolg word. Die wenblok is ’n blok cabernet sauvignon. Die blok word baie goed bestuur en elke aksie word deeglik uitgevoer.
Credit: SYSTEM
Windmeul vereer sy produsente
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.