Die gr. 7-leerder Wilmi van Eeden van die Laerskool Courtrai het R25 000 vir haar skool se biblioteek gewen in die Letter to my library-kompetisie.

Die Wes-Kaapse Onderwysde­par­tement (WKOD) bied elke jaar hierdie kompetisie aan waar leerders gevra word om ’n brief aan hul skoolbiblioteek te skryf. Die kompetisie vind elke jaar in Oktober tydens Internasionale Skoolbiblioteek-maand in samewerking met die WKOD se biblioteek-en- inligtingsdienste-afdeling plaas.

Volgens Wilmi het sy ingeskryf, want sy wil vir haar biblioteek iets teruggee vir alles wat hy deur die jare vir haar gegee het. Sy is die wenner van die Afrikaanse laerskool-afdeling.

“My brief gaan oor my skoolbiblioteek, my juffrou Tatum Green, hoe baie ek van lees hou en wat ek met R25 000 sal maak as ek wen. Ek is verskriklik opgewonde oor die feit dat ek gewen het. Nou kan ek vir my skoolbiblioteek soveel nuwe boeke en allerhande ander dinge gee om hom mooi te maak en lekker te maak om in te wees.

“Ek kan nie eens verduidelik hoe baie ek van lees hou nie – so baie hou ek daarvan. Wanneer ek lees, voel dit asof ek in ’n droom is, asof ek vriende is met die karakters in die boek en hulle ken. Deur tye wat ek moeg of hartseer is, kan ek net gaan lees en dan voel ek sommer gou beter.”

Die 13-jarige bieg en sê dit is onmoontlik vir haar om net een gunstelingboek te hê, wanneer daar buite ’n verskeidenheid van boeke is om van te kies en nie een is dieselfde nie. Wilmi sê lees het haar al so baie deur die lewe gehelp dat sy ander kinders ook aanmoedig om ’n liefde vir lees te kweek.

“Lees is nie net iets wat jy doen nie. Dit is deel van wie jy is. Lees help kinders om ’n

groter woordeskat te ontwikkel wat hulle help om beter op skool te vaar. Dit is ook iets wat jou laat ontspan wanneer jy moeg of gestres is. Dit is deel van wie jy is.”

Die R25 000 wat die skool gewen het, sal gebruik word om hulpbronne vir die biblioteek aan te koop.

Terwyl Wilmi self nie ’n prys gewen het nie, vermoed sy dat haar biblioteek-onderwysers ’n geheim in die mou voer om haar wen te vier.

Verder sê Ronel en Joubert van Eeden, Wilmi se ouers, dat hulle baie opgewonde en dankbaar is oor haar wen. “Ons is super trots op haar!”

. The Grade 7 learner Wilmi van Eeden from Courtrai Primary School won R25 000 for her school library in the yearly “Letter to my library” competition.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article