Wat is dit met die bedorwe seuns wat so in Paarl Hoofstraat op hul motorfietse jaag?

Dan boonop jaag die een weg as die verkeersbeampte hom probeer stop – verwaand verby.

Mater, jy het die wet oortree, waarom jaag jy weg?

Vat jou pak soos ’n man! Of skuil jy agter jou pappie se geld!

Wat gebeur indien jy vandag iemand doodgery het, of jy self dood was of ’n klein kindjie se dood veroorsaak het?

Die verkeersafdeling sal iets in die Paarl se strate moet doen. ’n Mens is nie eens meer veilig om oor ’n groen verkeers­lig te ry of by die groen mannetjie oor die pad te stap nie, want rooi beteken mos deesdae vir motoriste RY! Die wetteloosheid raak net elke dag erger op ons paaie.


Kommerwekkend,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article