Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) se bloedvoorraad is kritiek laag en mense word versoek om dringend te gaan bloed skenk.

Volgens die WKB heers ’n kritieke tekort aan bloed van verskillende bloedgroepe en vir die O-groep het die WKB net een dag se voorraad oor; vir A- en B-groepe het hy slegs twee dae se voorraad.

Bloed kan elke Donderdag in die Paarl geskenk word by die Toringkerk-saal vanaf 12:00 of gaan na die webtuiste by www.wcbs.org.za om jou naaste bloedskenklokaal te vind.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article