Die Laerskool WA Joubert het onlangs sy jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms gehou. Die gees het hoog geloop en elke leerder het sy of haar beste vir hul span gegee. Bo is die wenners in die verskeie ouderdomsgroepe. Heel agter is Cay-Reechia Januarie (meisies o.12), Miscka Sauls (meisies o.13), O’Neil Lenting (seuns o.13) en Delano Louw (seuns o.12). In die tweede ry van agter is Danté van Wyngaard (meisies o.12), Stephanie Louw (meisies o.11), Je-Marcus Isaacs (seuns o.11), Geea van Niekerk (meisies o.10) en Cayden Fortuin (seuns o.10). In die tweede ry van voor is Zaine Martin (seuns o.9), Cay-Leigh Windvogel (meisies o.9), Melody Julies (meisies o.8) en Estiaan Wessels (seuns o.8). Voor sit Luke Arendse (seuns o.7) en Jadah White (meisies o.7).


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article