Om Internasionale Vrouedag vandag (8 Maart) te vier gee Paarl Post twee boeke, ‘n Palet vol vreugde en Eer die Vrou, weg vir een gelukkige vrou in Drakenstein.
* ‘n Palet vol vreugde, deur Aletté-Johanni Winckler se boek bevat 366 dagstukkies waarin sy jou uitdaag om die Here te vertrou in alle aspekte van jou lewe: van ma-wees, jou gesin se finansies, die toekoms en negatiewe gedagtes tot jou selfbeeld, loopbaan en vele meer. Die uitgewer van Aletté se boek is Lux Verbi.
* Eer die Vrou, saamgestel deur Heleen Malherbe en kopiereg van Theo du Toit en die Waar ek Staan Digters, bevat verskeie gedigte wat eer gee aan vroue.
SMS of WhatsApp jou naam en die naam van beide boeke na 066 484 3728 voor 20:00 vanaand (8 Maart). Die wenner sal telefonies gekontak word.




