Keanan Andrews, die kaptein van Young Gardens, word in die klipharde wedstryd Saterdag tussen dié twee spanne deur Aldrin van Young Standards vasgevat.Foto: Ernest Kilowan

Wen met karakter, durf in doodsnikke

Keanan Andrews, die kaptein van Young Gardens, word in die klipharde wedstryd Saterdag tussen dié twee spanne deur Aldrin van Young Standards vasgevat.Foto: Ernest Kilowan


Die Young Gardens-rugbyklub het Saterdag in ’n opwindende ligawedstryd van die Paarl-streek die wind uit Young Standards se seile gehaal.

Young Gardens het die grootste deel van die wedstryd in die Daljosafat-stadion tweede viool gespeel, maar baie durf en karakter gewys om in die doodsnikke van die stryd met 31-29 te wen.

Gardens beklee nou die eerste plek op die punteleer. Hy het egter twee taai wedstryde oor om sy eersteronde-verpligtinge te voltooi.

Saterdag speel Young Gardens teen die gedugte Riverstones en volgende Saterdag teen die verdedigende kampioen, Rangers.

Albei wedstryde word in die Dal-stadion gespeel.

Tweede span

Young Gardens 17-38 Young Standards

Derde span:

Young Gardens 8-14 Young Standards

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article