Foto ter illustrasie. Foto: Argief

Die Wellington-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen nadat ‘n 13-jarige seun die afgelope Saterdag (30 Augustus) in ‘n plaasdam by die Behne-boerdery in die Blouvlei-gebied verdrink het.

Volgens kol. Johan Barkhuizen, bevelvoerder by die Wellington-polisiekantoor, is die polisie omstreeks 15:45 na die plaasdam ontbied.

“Die 13-jarige slagoffer en vier van sy vriende het by die dam geswem ten tyde van sy verdrinking. ‘n Geregtelike doodsondersoek vind tans plaas.

“Hierdie is ‘n tragiese insident,” het Barkhuizen by navraag gesê.

Die Wellington-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het in ‘n verklaring gesê die polisie, Drakenstein-branddienste, die plaaslike ambulansdienste asook die polisie se duikeenheid was spoedig op die toneel om die seun se liggaam uit die dam te haal.

Paarl Post het verneem dat die seun vermoedelik van die Payton-omgewing in Wellington is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article