Die 80-jarige Japie Willemse vertoon sy pragtige krisante wat hy Saterdag by die Wellingtonse skou sal uitstal.


Na ‘n lang warm somer, wat dit vir krisantekwekers baie moeilik gemaak het om
goeie krisante te kweek, word die Wellington se krisanteskou hierdie naweek,
gehou.

Dit is die 106de keer gehou dat die skou gehou word sedert die eerste
skou ‘n beskeie begin gehad het in 1916 in die Pauw Gedenk Skool. Soos die
tradisie bepaal, word die skou die eerste week in Mei gehou wat vanjaar op Saterdag, 7 Mei sal wees.

Verskeie
kranige kwekers sal weer deelneem. Verlede jaar se wenner, Michael le Cordeur (junior), sal uitgedaag word deur die veteraan Japie Willemse (wat die
kampioenblom al 5 keer gewen het) en ander kwekers soos Anthony Cavernelis,
Christiaan Small, Marcel Rhode, Jeffrey Smit, Aubrey Minnaar en Henry Poole.

Daar
sal ook meegeding word in die afdeling vir rangskikkings.

‘n
Interessante item op die program is die herdenking van wyle Herman Bailey, wat
jarelank ‘n lid en ‘n voormalige voorsitter van die vereniging was. Bailey is
die afgelope jaar aan Covid-verwante siekte oorlede. Sy seuns het ‘n spesiale
trofee geskenk wat gewen kan word vir die beste 3 Kinzann krisante, ‘n variant
wat Bailey uit Japan gebring het in die dae toe hy nog die vorige burgermeester
was. Die Freddie Cyster trofee vir die beste Aristokrat-spinnekopblom sal ook
weer op die spel wees.

Die
gasspreker is die vise-rektor van die Universiteit Stellenbosch se afdeling, Gemeenskapsinteraksie, prof. Nico Koopman. Eerw. Eben Mouries sal verrigtinge
open wat om 13:00 in die Breedtsaal, Parkstraat, begin.

Met
die oog op Moedersdag eerskomende Sondag, sal blomme na afloop van die skou
vanaf 16:00 te koop wees. Toegang is R10.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article