Lede van die ATKV Wellington-gesinstak.


Die ATKV Wellington-gesinstak het ná ’n lang Covid-19 rus met groot voornemens en opgewondenheid om mekaar weer ná twee jaar te sien, hul jaarlikse ledevergadering by Hugenote Laerskool gehou.

Wellington se ATKV-gesinstak is een van die aktiefste takke in die land en gemeenskapsprojekte is bespreek en beplan.

Hul eerste projek vanjaar is die bekende jaarlikse Bybelstap om die pragtige perdeskoen in Wellington wat op 9 Maart plaasgevind het.

Die stap het oorkant Hugenote Laerskool in Generaal Hertzog-boulevard begin.

Volgens die Wellington-gesinstak word die geld wat ingesamel is vir ’n baie goeie doel aangewend. Die groep spog met trots dat hul vorige Bybelstap-insameling dié van Hartenbos Bybelstap geklop het. Hulle hoop om dit vanjaar weer te doen.

Indien daar enige navrae is oor ATKV Wellington-gesinstak se projekte, kan die projekleier Hentas Kotze by 067 405 5030 gebel word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article