Terwyl meeste Bolanders afskakel op Versoeningsdag, het Wellington-polisiebeamptes flink reageer toe gewapende rowers op ‘n huis in Wellington toesak. 

Die plaaslike polisie-stasiebevelvoerder kol. Johan Barkhuizen sê twee gewapende rowers het ‘n huis in Commissionerstraat binne gestorm vroeg Donderdagoggend om 9:40. “Daar was toe nog drie verdagtes wat buite in ‘n motor gewag het in hul poging om die toneel spoedig te vlug,” sê hy.

Wellington-polisiebeamptes het toe flink reageer op die toneel waarna ‘n kruisvuur gevolg het toe die verdagtes skote begin afvuur. Die polisie het in reaksie teruggeskiet. 

“Sers. Jones was in sy enkel raakgeskiet, maar het verder geen beserings getoon nie. Twee rowers was gevang by Wilmar Bouhandel in die Hoofweg en twee wapens was op beslag gelê. Daar was slegs R100 gesteel,” het Barkhuizen bevestig. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article