Foto ter illustrasie. Foto: Tima Miroshnichenko


Wellington en sy mense bevorder ’n vernuwende ondersteunings­groep waarby almal en alles in ’n veilige omgewing verwelkom word om saam te vertoef.

Die volgende byeenkoms sal op 21 November om 18:30-19:00 by die Presbiteriaanse kerk langs die stadsaal oorkant die Laerskool Hugo Rust gehou word.

Die medestigter van die ondersteuningsgroep, Lize-lotte Costandius, sê dié sessie sal op eensaamheid of “alleenheid” fokus.

Dié konsep is gebore uit ingewikkelde omstandighede soos geleef, geworstel en ervaar deur Costandius wat vertel: “Ek was 27 jaar lank siek. Dit het begin met ’n pynsindroom waaraan ek ly van negejarige ouderdom, met klomp gediagnoseerde geestesiekte-terminologieë ook by.

“Ek het al 69 selfdoodpogings in my lewe aangewend, was by talle sielkundiges en psigiaters en niemand het my werklik gehelp nie. Medikasies het my sieker gemaak.”

Gedurende dié lewenstryd, sê Costandius, het sy min werklike ondersteuning gehad.

“Mense het in ongeloof my daarvan beskuldig dat ek vir aandag my toestand vervals of uit proporsie blaas.

“Ek is by verskeie private en staats- psigiatriese hospitale opgeneem en ek kyk selfs vandag in wantroue terug na die tipe versorging en kammakastige mindfulness wat daar gepreek word.”

In 2015 was die groot omkeer in Costandius se lewe.

“Die Here het my genees en engele op my pad gestuur.”

Sy het verlief geraak en met Kobus Maritz,’n geregistreerde sielkundige, getrou. Saam wend hulle tot dusver ’n suksesvolle poging aan om ondersteuningsgroepe aan te bied.

Maritz is weens posttraumatiese stresversteuring (PTSV) nie ’n aktiewe praktisyn nie, maar volhou met voortdurende kursusse, bowendien sy spesialisveld in opvoedkundige sielkunde.

“Die eerste groepsessie is in Augustus gehou, danksy Stephan Landsberg se bemarking was dit ’n reusesukses! Die onderwerpe word deur besoekers se aanvraag bepaal.”

Groepsessies word elke derde Maandag van die maand aangebied.

“Soms speel sessies uit soos beplan, en ander kere loop dit op ’n heel ander manier uit, waarmee mense spontaan hul ondersteuning vra en teenoor mekaar bied in verhaling, samehorigheid en vereenselwiging waarby ons gaste besef dat hulle nie langer alleen in hul verdriet hoef te vertoef nie.”

Vir meer inligting of ondersteuning, bel Lize-lotte Costandius by 084 577 4962.

  • A support group open to anyone suffering from anything will be held at the St George’s Presbyterian Church next to the Town Hall in Jan van Riebeeckstreet, Wellington on 21 November starting between 18:30 and 19:00. The topic of discussion will focus on loneliness. For more information contact Lize-Lotte on 084 577 4962.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article