Die Wellington-museum hou 28 Julie sy jaarvergadering en nooi lede van die gemeenskap om dié geleentheid by te woon.

Dit sal plaasvind by die Wellington-museum om 10:00 onder die tema “Seldsame Egiptiese versameling”. Anlen Boshoff is die spreker by die vergadering en verversings sal voorgesit word. Bespreking moet teen 23 Julie gemaak word. Vir enige navrae bel Olivia of Shandré by 021 873 4710 of stuur ’n e-pos na welmus@telkomsa.net.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article