Foto: Wellington-DBV Facebook

Credit: SYSTEM

Die Wellington-DBV het Dinsdag aangekondig dat hy vir sewe dae gesluit sal wees nadat een van sy honde vir hondesiekte (distemper) positief getoets is.

Dié aankondiging is Dinsdagaand op die DBV-bestuur se Facebook-blad gedeel.

“Uiteraard sal daar ook geen mobiele-kliniek-uitreikings die week wees nie, maar inentings sal volgende week weer voortgaan,” lui die inskrywing.

“Ons vra ons ondersteuners om gedurende die tyd geduldig te wees, terwyl ons die situasie monitor en alle nodige voorsorgmaatreëls tref om te verseker dat die diere in ons sorg dopgehou word en gesond bly.”

Dié DBV-tak sal wel diere gedurende die tydperk inneem, en hul inspekteur is steeds beskikbaar vir noodgevalle en klagtes van dieremishandeling.

“Dit is net nogmaals ’n belangrike herinnering oor waarom dit uiters noodsaaklik is om jou diere te laat inent. Hondesiekte is ’n hoogs aansteeklike siekte wat deur ’n virus veroorsaak word en die respiratoriese, gastroïntestinale en senuweestelsel aanval.

“Die virus is so aansteeklik dat die meeste veeartse of dierehospitale nie sulke gevalle op hul perseel behandel nie, aangesien die risiko dat ander honde sal aansteek, so groot is. Buitendien verg dit ook intensiewe sorg.” . The Wellington SPCA announced on Tuesday that their kennels will be closed for seven days due to positive testing for Distemper.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article