Voortslepende beurtkrag het almal aan die keel beet weens kommer, frustrasie en aanhoudende terugslae – veral ons plaaslike kleinsakeondernemings.

Tog vind mense maniere om vernuwend te dink wanneer omstandighede ons uitdaag. Dit moet dus die fokus wees – nie klagtes en klaagliedere nie.

Verleen die hulp van ’n kragopwekker wat bestem is vir gerief aan dié wat dit dringend benodig, byvoorbeeld. Ondersteun die ooms en tannies van die plaaslike bakkery deur jou oond aan te bied wanneer jy wel krag het.

Leen of skenk ekstra gas-geriewe aan mense wat in die knyp is met koue kos of koffie. Help waar jy weet dit vir jou moontlik is, ongeag ongerief. Daar is anties wat soggens 02:00 opstaan om die potte aan die kook te hou – en soveel meer wat voel-voel in die donker woel. Strewe daarna om lig uit te straal wanneer die pad vorentoe te duister is.


Tiekieleens,

Wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article