“Die Wellington-belastingbetalersvereniging (WBV) moet groei,” het die voorsitter, Eugene Stapelberg, aan die teenwoordiges op die April-vergadering gesê waartydens die dorp se belange bespreek is.
Die vergadering het onder meer die volgende belange bespreek:
WBV wil ’n volledige lys van Wellington se besigheid- en geboueienaars saamstel. “Die doel is om diegene te nader en aan te moedig om hul eiendomme te verf en op te knap om sodoende Wellington vir besoekers en inwoners weer aanloklik te maak,” sê Stapelberg.. Die stig van ’n besigheidsforum is as onnodig bestempel en daar is besluit dat sommige ondernemings eerder deur die WBV sal werk.
Die WBV toon ’n groeiende ledetal. “Wellington-belastingbetalers het volle teenwoordigheid, maar die lidmaatskap kan verder groei. Ons moet meer vrywilligers en sakelui, wat vir ons gemeenskap omgee, nooi en nader.”
Toestand van Spruitrivier: Veiligheid van inwoners en besigheidseienaars. Verantwoordelikheid van plaaslike regering teenoor belastingbetalers.
Stapelberg sê die kommer oor die dorp se belange neem toe en inwoners sal hande moet vat om die dorpie se naam in ere te herstel.
“Daar is baie plaaslike probleme wat ons almal raak en ons kan almal saamwerk vir ’n veiliger, skoner, en vriendelike omgewing in ons dorp. Ons wil Wellington weer op die padkaart ten toon stel as ’n lekker plek om te besoek en handel te dryf.”
Die WBV sal weer op 6 Junie om 17:30 by Jan van Riebeeckstraat vergader om verskeie plaaslike verantwoordelikhede en ontwikkelings te dek. RSVP teen 2 Junie deur e-pos na wellingtonbbv1@gmail.com te stuur.
. The Wellington Ratepayers Association will meet again on 6 June at 17:30 in Jan van Riebeeck Road. RSVP by 2 June by sending an email to wellingtonbbv1@gmail.com



