Dis weer winter en waterblommetjiedamme pronk volop met dié liplekker kos. Binnekort – op 2 September – vind die jaarlikse waterblommetjiefees weer by die Windmeul-wynkelder en Rhebokskloof plaas. Mense wat meen hulle is bobaas-waterblommetjiekokke, kan gerus nader staan en vir die fees se gewilde waterblommetjie-potjiekoskompetisie inskryf. Die toegangsfooi van R200 per pot sluit ’n bottel Windmeul-wyn, 1 kg waterblommetjies, hout en ’n braaidrom in. Inskrywings sluit op 25 Augustus. Moenie uitstel as jy met jou potjie-vernuf vir die gesogte titel in aanmerking wil kom en boonop spog-regte as algehele wenner wil inoes nie. Kontak wines@windmeul.com vir besonderhede. Bo word waterblomme by Oudepont-plaas buite Wellington gepluk. Foto: Lise Beyers
Credit: SYSTEM
Waterblommetjies in die Boland
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.