Stygende munisipale belasting sal een van die onderwerpe wees wat op die jaarvergadering van die Paarl-belastingbetalersvereniging, wat Woensdag 29 Maart om 17:30 by De Poort gehou word, bespreek sal word.
Die ervare eiendomswaardeerder Erik Marais, wat voorheen die munisipale waardeerder was, sal meer inligting verskaf oor die afgelope munisipale waardasie, wat na sy mening erg foutief was en daartoe gelei het dat huiseienaars se eiendomsbelasting buitensporig gestyg het.
Vir navrae, kontak dr. Cas van Wyk by 021 863 1046 of 078 547 6387.




