Die Paarl-gebaseerde radiostasie, KC 107.7 fm, het verlede week ’n vurige debat met verskeie politieke partye in Wellington aangevoer in aanloop tot die algemene verkiesing op 29 Mei. Die paneel het bestaan uit verteenwoordigers van die GOOD-party, PMC, Al Jama-Ah, VF Plus, ANC, ACDP, PA, NCC en DA. Dr. Harlan Cloete, een van die radiostasie se stigterslede, het die debat gefasiliteer. Die gesprek het hoofsaaklik gehandel oor probleme wat deur inwoners van die Wes-Kaap ervaar word en het kwessies soos werkloosheid, armoede, misdaad, bendegeweld en die prioritisering van hierdie kwessies in beide nasionale en provinsiale begrotings aangeraak. Foto: Rasaad Adams


Vurige debat oor verkiesing

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article