Een van die mans wat ’n vrou in Julie vanjaar op ’n plaas in die Sonstraal-gebied in Paarl aangerand het, is onlangs doodgeskiet.

Die man was een van drie verdagtes wat na bewering op 1 Julie besig was om ryp vrugte te steel op ’n plaas toe die vrou hulle in die boorde betrap en aangespreek het. Die vrou is tydens die konfrontasie met ’n stok oor die kop geslaan, en sy kon daarin slaag om weg te kom.

Volgens Daan van Leeuwen Boomkamp, bevelvoerder van Drakenstein-plaaswag (DFW), het hulle dadelik op die voorval gereageer toe hulle daarvan ingelig is.

Die verdagtes is kort daarna vasgetrek met die hulp van die sekerheidsbeamptes van Fidelity ADT.

Twee maande ná hierdie voorval is een van die mans op 2 September in Kappertjiestraat in die Lantana-gebied doodgeskiet. Kapt. Anthony Sauls, ’n woordvoerder van die Paarl-Oos- polisie, het die 37-jarige man se skietdood bevestig.

Een verdagte, wat iets in die twintig is, is tot dusver aangekeer in verband met die moord.. One of the men who assaulted a woman in July this year on a farm in the Sonstraal area in Paarl was recently shot dead.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article